Risiko-openbaring
Die maatskappy se amptelike taal is Engels. Besoek vir ’n volledige beskrywing van die maatskappy se werk die Engelse weergawe van die webwerf. Inligting wat in tale buiten Engels vertaal is, is slegs vir die doeleinde van inligting en het geen regsmag nie. Die maatskappy is nie verantwoordelik vir die akkuraatheid van inligting in ander tale nie
Risiko-openbaring vir bedrywighede in buitelandse valuta en afgeleide instrumente
Dié kort waarskuwing, wat by die algemene sake terme gevoeg is, is nie bedoel om al die risiko's en ander belangrike aspekte van bedrywighede in buitelandse valuta en afgeleide instrumente te noem nie. Weens die risiko's moet jy nie transaksies in die genoemde produkte aangaan as jy nie bewus is van die aard van die kontrakte wat jy sluit, die wetlike aspekte van sulke verhoudings in die konteks van dergelike kontrakte, of die vlak van jou blootstelling aan risiko nie. Bedrywighede met buitelandse valuta en afgeleide instrumente word met ’n hoë risikovlak geassosieer en is dus vir baie mense nie geskik nie. Jy moet deeglik evalueer in watter mate sulke bedrywighede jou pas deur jou ervaring, doelwitte, finansiële hulpbronne en ander belangrike faktore in ag te neem
1. Bedrywighede met buitelandse geldeenhede en afgeleide instrumente
1.1 Hefboomverhandeling beteken potensiële wins is vergroot; dit beteken ook verlies kan vergroot word. Hoe laer die vereiste marge, hoe hoër die risiko van potensiële verlies as die mark teen jou beweeg. Soms kan die vereiste marge so min as 0.5% wees. Let daarop dat wanneer jy met ’n marge verhandel, jou verlies jou aanvanklike betaling kan oorskry en jy moontlik baie meer geld kan verloor as wat jy aanvanklik belê het. Die bedrag van die aanvanklike marge kan klein lyk in vergelyking met die waarde van die buitelandse valutakontrakte of afgeleide instrumente, aangesien die hefboomeffek ("leverage" of "gearing") in die loop van die handel daarin gebruik word. Relatief onbeduidende markbewegings sal ’n proporsioneel toenemende uitwerking hê op die bedrae wat gedeponeer is of wat jy van voorneme is om te deponeer. Dié omstandigheid kan vir of teen jou werk. Wanneer jy jou posisie ondersteun, kan jy ’n verlies ly volgens die grootte van die aanvanklike marge en enige bykomende bedrae geld wat in die maatskappy gedeponeer is. As die mark in die teenoorgestelde rigting van jou posisie begin beweeg en/of die bedrag van die vereiste marge toeneem, kan die maatskappy van jou vereis dat jy dringend bykomende bedrae geld deponeer om die posisie te ondersteun. As jy nie die vereiste nakom om bykomende bedrae geld te deponeer nie, kan dit daartoe lei dat jou posisie/s by die maatskappy gesluit word en sal jy aanspreeklik wees vir enige verlies of gebrek aan fondse wat daarmee verband hou
1.2 Opdragte en strategieë wat die risiko verminder
Die plasing van sekere opdragte (byvoorbeeld keerverliesopdragte, as plaaslike wetgewing dit toelaat, of stoplimietopdragte) wat die maksimum verlies beperk, kan ondoeltreffend wees as die marksituasie die uitvoer van sulke opdragte onmoontlik maak (byvoorbeeld by illikiditeit van die mark). Enige strategie wat ’n kombinasie van posisies gebruik, soos byvoorbeeld spreiding of ’n wigopsie, kan net so riskant as dié met algemene lang en kort posisies wees
2. Bykomende risiko's spesifiek aan transaksies met buitelandse geldeenhede en afgeleide instrumente
2.1 Voorwaardes vir aangaan van kontrakte
Jy moet by jou makelaar uitvoerige inligting kry oor die voorwaardes vir die aangaan van kontrakte en enige meegaande verpligtinge (byvoorbeeld oor die omstandighede waarin jy verplig kan word om lewering van enige bate in die raamwerk van ’n termynkontrak uit te voer of te ontvang, of, in geval van ’n opsie, inligting oor die vervaldatum en tydbeperkings om opsies uit te voer). In sommige omstandighede kan ’n effektebeurs of verrekeningshuis die vereistes vir onvereffende kontrakte (insluitend die trefprys) aanpas om veranderings rakende die onderskeie bates in die mark te weerspieël
2.2 Opskorting of beperking van handel. Prys korrelasie
Sekere marktoestande (byvoorbeeld likiditeit) en/of die reëls vir die bedryf van sommige markte (byvoorbeeld die opskorting van handel met betrekking tot kontrakte of maande van kontrakte, as gevolg van 'n oorskrywing van die limiete van prysveranderings) kan die risiko van verliese verhoog, aangesien die uitvoering van transaksies of die kwaderings-/netting van posisies moeilik of onmoontlik word. Verlies kan toeneem as jy opsies verkoop. Daar is nie altyd ’n grondige tussenverband tussen die pryse van die bate en die afgeleide bate nie. Die afwesigheid van ’n normprys vir ’n bate kan dit moeilik maak om ’n "billike waarde" te skat
2.3 Gedeponeerde fondse en eiendom
Jy moet vertroud wees met beskermende hulpmiddels binne die perke van die sekuriteit wat jy in die vorm van kontant of ander bates gedeponeer het wanneer jy binnelands of buitelands ’n bedrywigheid uitvoer, veral as die insolvensie of bankrotskap van ’n handelsmaatskappy ’n probleem kan wees. Die mate waarin jy jou kontant of ander bates kan teruggee word gereguleer deur die wetgewing en plaaslike land se standaarde waaronder die teenparty die aktiwiteite uitvoer
2.4 Kommissiefooie en ander onkostes
Voordat jy aan enige handel deelneem moet jy duidelike besonderhede kry oor al die kommissiefooie, vergoedings en ander onkostes wat jy sal moet betaal. Dié uitgawes sal jou netto finansiële resultaat (wins of verlies) beïnvloed
2.5 Transaksies in ander jurisdiksies
Die uitvoer van transaksies in markte in ander jurisdiksies, insluitend markte wat formeel met jou interne mark verbind is, kan vir jou bykomende risiko's tot gevolg hê. Regulering van die genoemde markte kan van joune verskil in die vlak van beskerming vir beleggers (insluitend ’n laer vlak van beskerming). Jou plaaslike regulerende owerheid kan nie verseker dat daar verpligte voldoening aan reëls sal wees wat deur die regulerende owerhede of markte vasgestel is in ander jurisdiksies waar jy transaksies uitvoer nie
2.6 Valutarisiko's
Wins en verlies in transaksies met kontrakte wat geherdenomineer is in ’n buitelandse geldeenheid wat van jou rekening se geldeenheid verskil, word geaffekteer deur skommelings in die wisselkoers wanneer dit van die kontrak se geldeenheid na die rekening se geldeenheid omgesit word
2.7 Likiditeit Risiko
’n Likiditeit Risiko affekteer jou vermoë om handel te dryf. Dit is die risiko dat jou finansiële kontrak of bate nie verhandel kan word wanneer jy dit wil verhandel (om verlies te voorkom of wins te maak) nie. Daarbenewens word die marge wat jy as ’n deposito by die kontrakverskaffer moet volhou elke dag herbereken volgens die waardeverandering van die onderliggende bates van die kontrak wat jy het. As die herberekening (revaluasie) lei tot ’n waardevermindering vergeleke met die valuasie van die vorige dag, sal jy dadelik kontant aan die finansiële kontrakverskaffer moet betaal om die margeposisie te herstel en die verlies te dek. As jy nie kan betaal nie, kan die finansiële kontrak verskaffer jou posisie sluit, ongeag of jy met dié stap saamstem. Jy sal die verlies moet dek selfs as die prys van die onderliggende bate daarna herstel. Daar is finansiële kontrak verskaffers wat al jou kontrak posisies likwideer as jy nie die vereiste marge het nie, selfs as een van dié posisies in daardie stadium vir jou ’n wins aantoon. Om jou posisies oop te hou, sal jy moontlik moet instem dat die finansiële kontrakverskaffer na goeddunke bykomende betalings (gewoonlik met jou kredietkaart) kan neem as dit nodig is om aan die toepaslike margeopvorderings te voldoen. In ’n vinnige, ongestadige mark kan jy só maklik groot kredietkaartskuld maak
2.8 Keer verlies perke
Baie finansiële kontrak verskaffers bied jou ’n geleentheid om keer verlies perke te kies sodat verliese beperk kan word. Dit sluit outomaties jou posisie wanneer dit ’n prysperk van jou keuse bereik. In sommige omstandighede is ’n keerverliesperk ondoeltreffend – wanneer daar byvoorbeeld vinnige prysbewegings is of die mark sluit. Keer verlies perke kan jou nie altyd teen verlies beskerm nie
2.9 Uitvoering risiko
’n Uitvoering risiko word verbind met die feit dat transaksies dalk nie onmiddellik plaasvind nie. Daar kan byvoorbeeld ’n tydsverloop wees tussen die oomblik wanneer jy jou bestelling plaas en die oomblik wanneer dit uitgevoer word. Die mark kon in dié tyd teen jou beweeg het. Dus word jou opdrag nie uitgevoer teen die prys wat jy verwag het nie. Party kontrak verskaffers laat jou toe om te verhandel selfs wanneer die mark gesluit is. Let wel dat die pryse van sulke transaksies baie kan verskil van die onderliggende bate se sluitingsprys. In baie gevalle kan die spreiding baie wyer wees as wanneer die mark oop is
2.10 Teenparty risiko
Teenparty risiko is die risiko dat die verskaffer wat die verskil kontrak uitreik (dus jou teenparty) wanbetaal en nie aan sy finansiële verpligting kan voldoen nie. As jou fondse nie behoorlik geskei is van die VK-verskaffer se fondse nie en die VK-verskaffer finansiële probleme ondervind, is daar die risiko dat jy nie die geldbedrae sal terugkry wat aan jou verskuldig is nie
2.11 Handel stelsels
Die meeste van die gewone stem- en elektroniese handel stelsels gebruik rekenaar toestelle om opdragte te stuur, bedrywighede te balanseer en transaksies te registreer of verreken. Soos met ander elektroniese toestelle en stelsels is hulle aan tydelike mislukking en foutiewe werking onderhewig. Die kans dat sekere verliese terugbetaal sal word, kan afhang van die perk op aanspreeklikheid wat deur die verskaffer van die handelstelsels, markte, verrekeningshuise en/of handelsmaatskappye vasgestel is. Sulke perke kan wissel; jy moet in dié verband uitvoerige inligting by jou makelaar kry
2.12 Elektroniese handel
Handel wat met enige elektroniese kommunikasie netwerke uitgevoer is, kan verskil van handel op enige gewone vendusiemark, asook van handel waar ander elektroniese handelstelsels gebruik word. As jy enige transaksies op ’n elektroniese kommunikasienetwerk uitvoer, loop jy die risiko wat eie aan so ’n stelsel is – insluitend die risiko dat die werking van die hardeware of sagteware kan faal. Stelsel onderbreking kan tot die volgende lei: Jou opdrag word dalk nie volgens die instruksies uitgevoer nie; ’n opdrag word dalk glad nie uitgevoer nie; dit kan onmoontlik wees om deurlopend inligting oor jou posisies te ontvang of aan die vereistes vir marges te voldoen
2.13 Bedrywighede oor die toonbank
In ’n aantal jurisdiksies word maatskappye toegelaat om bedrywighede oor die toonbank te doen. Jou makelaar kan vir sulke bedrywighede as die teenparty optree. Die spesiale kenmerk van sulke bedrywighede is hoe kompleks of onmoontlik dit kan wees om posisies te sluit, waardes te skat, of die billike prys of blootstelling aan risiko te bepaal. Weens die genoemde redes kan sulke bedrywighede groter risiko's inhou. Die regulasie wat bedrywighede oor die toonbank beheer kan minder streng wees of ’n spesifieke regulerende metode hê. Jy moet vertroud raak met die reëls en risiko's wat daaraan verbonde is voordat jy sulke bedrywighede uitvoer